29.3.13

Harteloos


Dit is wel bekend onder liefdeskenners
dat die kennis van liefde die broeikas
van die hart vereis; die wetenskap
van die liefde, soos die navorsers weet,
vereis die laboratorium van die hart;
dis in die akademie van die hart
waar die filosowe die liefde bepeins;
almal weet dit tog, almal is dit eens!

Hoe kan ek dan van die liefde leer,
noudat jy my hart gesteel het?



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

10.3.13

Lentetyd


Liefling, dis lentetyd:
laat my aan jou lentebloeisels ruik,
aan jou blommeknoppies knibbel;
kom, nou is immers die geleentyd
om in pas met die seisoen te wees,
laat ons soen, versoen en gelukkig wees!




... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

Drukkies & Soentjies

sê die pedofiel:
ek't hom 'n guns gedoen
ek't haar bederf
ek't hom op sy tottie gesoen
ek't haar bekkie geverf

sê die grootmenskind:
hy't my opgeneuk
sy lus oor my getrok
my met sy mes gesteuk
my lewe opgefok



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence